Afrikaans

Is hier iemand die Afrikaans kan praat? Ek woonde in Namibië en Mosambiek vir 4 jaar en het 'n bietjie van hierdie mooiste taal geleer. Ek wil meer leer as ek kan met jullie oefen.

Tot siens!

Ian

4 Likes

Jou Afrikaans lyk goed, Ian! Afrikaans is nie my huistaal nie maar ek het dit deur my skool en vriende geleer. Hoe lang was dit sinds jy in Namibia gewoon het?

1 Like

Ek woonde in Windhoek vir 6 maande in 2013. Maar ek het sinds 2005 die taal geleer

Pragtig! Windhoek is 'n mooie “chill” stad, nie as hektik as die meeste van die Suid Afrikaanse stede nie! Ek het Windhoek 'n jaar gelede gekuier en dit was baie pret. My Afrikaans was baie nuttig omdat baie van die ou mense kan nie praat Engels as vlot as hul Afrikaans nie.

Namibië lyk soos 'n kleine land maar sy het nou ook 'n groeiende variasie van Afrikaans; woorde soos Bangmaakding van die Namakwaland dialek is een van my gunstellinge woord, ook die lokale leenwoord soos vroegstuk van Duits in plaas van ontbyt in die westelike kus van Namibië .

2 Likes

Ja! My hart sal altyd in Namibië wees want ek kan ook byna vlot Duits praat. Maar ek dink dit die Afrikaans van Namibië is beter as dié van ZA. Ek kon nie die taal in Kaapstad goed verstaan nie. Maar in Windhoek die mense het 'n bietjie meer duideliker gepraat.

Hoe is jy aan die taal gekom? Waarvandaan kom jy?

Hi! Ek is afrikaans :slight_smile:

Ek bly in Texas en praat oor die algemeen net met my familie Afrikaans, so ek weet my woordeskat skitter nie eintlik nie. Ek sien uit daarna om bietjie te kan oefen.

Wat is julle albei se eerste tale? Ek sou raai dat julle albei Nederlands ken a.g.v woorde soos jullie en woonde

Groete, Liza

1 Like

Hi Liza, angenaam kennis!

My eerste taal is Engels maar tog ek het Afrikaans deur my vriende en skool geleer. Alhoewel ek dink dat ek is die enige soort van Afrikaansspreker in my gesin want my ouers en broertjie het net die groetjies, getalle en vloekwoorde gehou :sweat_smile:

Ek glo Ian se eerste taal is Duits of Engels volgens die profiel (jy kon dit deur die profiel foto gesien). oh ja en ek blameer my Iphone se autocorrect as die woorde word na die Hollandse woord getransformeer het :joy:

1 Like

O natuurlik! Dit maak sin. Ek het nie eens daaraan gedink om na almal se profiel te kyk nie.

Ek moet se dat dit baie ongewoon is om selfs Engels sprekende Suid Afrikaners te ontmoet wie enigsins kan Afrikaans praat! So, wel gedaan!

Dis eintlik heel indrukwekkend as jou familielede die getalle onthou! Dis altyd vir my die grootste uitdaging waneer dit by ander tale leer kom, en selfs na 20 jaar in the VSA tel ek nog steeds in Afrikaans :smiley:

1 Like

Ek sien uit na die konferensie en wil graag Afrikaans in die kletskamer oefen. Miskien is daar geleenthede vir 'n taal tandem. My moedertaal is Duits, maar ek praat ook Nederlands baie goed, want ek woon en werk in Nederland.

2 Likes

Hallo Alex. Dis lekker dat jy ook by die konferensie is. Hoop om weer in die Afrikaanse kletskamer te ontmoet. Groete aan Warskou.

1 Like

Hallo julle!
Ek praat afrikaans ook, dis nie my moedertaal nie maar ek het baie geleer deur radio en tv reeks, films, etc. Ek bly nou in België dus soms meng ek afrikaans met die vlaams - maar ek sal dit probeer om nie te doen nie :rofl:

Ek is bly om dit mooi taal te kan oefen met julle!
Scott

3 Likes

Hallo Ron!

Lekker om te sien dat jy Afrikaans praat.

Dit is my eerste taal - Ek is in Suid-Afrika gebore en het ook daar groot geword.

Ek gesels graag met jou.

Vriendelike groete,

John FK Mulder

3 Likes

Ek is bly om mense te ontmoet wat Afrikaans praat. Ek stel belang in Suid-Afrika en sy mense. Ek lees graag boeke in Afrikaans, maar ek het nie mense om met te praat nie. Miskien sal dit verander met die konferensie.
Vriendelike groete, Ron

3 Likes

Hallo, Ron. Dit is vir my fassinerend wanneer mense wat nie in Suid Afrika woon nie Afrikaans leer. Hoekom het jy besluit om die taal te leer? :slight_smile:

So terloops, jou Afrikaans is uitstekend!

3 Likes

Baie dankie vir jou vriendelike kommentaar, belangstelling en motivering. Ek het 'n internskap van vier weke as 'n mediese student in Pretoria gedoen. Toe het ek 'n bietjie Afrikane geleer. Ek lees graag Deon Meyer se boeke in Afrikaans. Ongelukkig het ek niemand om met my te praat nie. Dis hoekom ek nie goed daarmee is nie. Ek wens jou 'n instruktiewe en prettige konferensie toe. Groete :smiley:

Ik kan geen Afrikaans praten maar ik leer nu Nederlands en ik kan ook verstaan

2 Likes

Hi almal, ons kan in Afrikaans by die Multilingual Africa skatkamer gaan praat as iemand vry is :slight_smile:. Wil iemand dit om hierdie naweek te doen?

1 Like

Hi almal! Ek’s bietjie laat hier. As julle weer 'n Afrikaanse exchange gaan he sal ek graag wil bywoon en gesels met julle :slight_smile:

1 Like

Ek is heel dag more beskikbaar vir gesels. Ek bly in die VSA en so ongeveer 12 uur in die middag sou perfek wees vir my. Ek dink my 12 uur is 6 uur in die aand in Europa. Ek is nie seker wat die tydsverskil is tussen my en asie nie.

Wat werk vir julle ouens?

1 Like

Daar is drie van ons nou op die Africa Multingual geselskamer :slight_smile:

1 Like